Burchell Golden Oryx

The home of the Burchell Golden Oryx

Wild & Jag - Augustus 2010

Burchellse goue gemsbok

– wat is dit nou eintlik?

 

 Dr Gert van Niekerk
het hierdie 43½”-
Burchellse goue gemsbok
op Daweb Sud,
Namibië neergetrek
met ’n .300 Remington
Ultra Mag (180
grein MRX Barnes,
hand gelaai vir 3250
vt/s) op 250 m).

 

 

 

Kort artikel oor die goue
gemsbok van Namibië is ’n
ingewikkelde saak.Toe ek eers begin
naslaanwerk doen, het ek agtergekom
watter mengelmoes die genus Oryx
eintlik is, en veral hoeveel kundiges
reeds baie jare hieroor verskil.
Rowland Ward’s Records of Big Game
erken ses variasies: Oryx gazella gazella
(ons eie gemsbok), Oryx gazella blainei
(Angolese gemsbok), Oryx gazella beisa
(Beisa-oryx), Oryx beisa calottis (Oos-
Afrika se sogenaamde fringe-eared oryx),
Oryx dammah (sabelgemsbok) en Oryx
leucoryx (Arabiese gemsbok). Safari
Club International maak dit nog meer
interessant deur Burchellse goue gemsbok
ook te erken. Daar is dus blykbaar
nou sewe variasies, nie net ses nie!
Dit het my laat raad vra by iemand
wie se mening ek baie respekteer
weens sy kennis (praktiese en
boekkennis), Prof J du P Bothma van
Wildplaasbestuur-faam.
Ek is ’n mediese dokter, wat as kind
my huiswerk in die veld gedoen het en
as jong dokter smiddags vroeg weg is
om veeartse te help wild opereer. Ek
jag ook al meer as 50 jare en bestee
soveel tyd moontlik in die veld om
snaakse diere, klippe, plante en ander
wilde goed dop te hou. Verder versamel
ek al vir jare trofeediere. Ek is
derhalwe ’n “greenie” wat ’n jagter is!
Bothma het my gou laat verstaan
volgens die mees onlangse
gesaghebbende taksonomiese werk
bestaan eintlik regtig net vier spesies:
Oryx gazella (ons gemsbok), Oryx beisa
(die Beisa-oryx met twee sub-spesies),
Oryx dammah (die sabelgemsbok) en
Oryx leucoryx (die Arabiese gemsbok).
Die gemsbok en ander verwante spesies
vorm almal deel van die suborde
Ruminantia (herkouers), wat weer deel
vorm van die Orde Artiodactyla (gesplete-
hoefdiere), wat ongeveer 25
miljoen jaar gelede in Eurasië ontstaan
het en met die daling van seevlakke
tydens ystydperke wêreldwyd versprei
het.

Die Artiodactyla se naaste verwante
is die walvisse in oertye, en
hulle het in Mongolië ontstaan. Die
Ruminantia het na raming ongeveer 23
miljoen jaar gelede in Eurasië ontstaan
en het Noord-Afrika ongeveer 20
miljoen jaar gelede bereik in ’n tydstip
toe die voormalige Tethys-see (nou
deel van die Middellandse See) opgedroog
het en Afrika weens kontinentale
drywing een van sy kontakte met
Europa gehad het. Toe het daar ook ’n
permanente ysdek in Antarktika
ontstaan, wat seevlakke tydelik verlaag
het. Die verskillende soorte Oryx,
waaraan die gemsbok ook behoort, is
almal deel van die familie Bovidae, een
van ses families in die Ruminantia.
Eotragus het sowat 18 miljoen jaar
gelede in Pakistan geleef en was
waarskynlik ’n voorouer van die Bovidae,
wat almal stam uit dieselfde filogenetiese
lyn van herbivore, wat 50
miljoen jaar terug strek. Die grootste
ontwikkeling van verskillende spesies
van die Ruminantia het eers in Eurasië
plaasgevind, gevolg deur ’n verdere
ontwikkeling in verskillende spesies
nadat hulle Afrika bereik het.
Die voorouer van alle Oryx-spesies
was waarskynlik een van verskeie Protoryx-
spesies, wat in fossielbeddings in
Turkye, Pikermi in Griekeland en
Tunisië gevind word.

Protoryx was verwant aan die voorouers van die boksoorte
(soos die boerbok) van die familie
Capridae en het waarskynlik
ontstaan uit die fossielboksoorte Capra
sibirica of Capra aegagrus. ’n Vroeë
voorouer kon Namibiomeryx wees, ’n
klein lid van die Bovidae wat 20–18
miljoen jaar gelede in Namibië geleef
het. Dit is daarom interessant dat toe
Carl Linnaeus in 1758 sy klassifikasiestelsel
van diere opgestel het, hy die
latere gemsbok Oryx gazella beskryf
het as ’n gaselagtige bok Capra gazella.
Die gemsbok is later herdoop tot ’n
soort antiloop toe P S Pallas die wetenskaplike
naam in 1777 verander het na
Antilope oryx, en in 1816 het dit die
huidige naam van Oryx gazella by
H M D de Blainville gekry. Molekulêre
genetiese bewyse toon ook dat die
genus Damaliscus, waaraan die blesbok,
bontebok en tsessebe behoort, saam
met Oryx uit dieselfde voorouer
ontwikkel het en dat hulle eers
onlangs filogeneties van mekaar geskei
het.
Wat morfologiese ontwikkeling
betref, het Hamilton in 1973 in sy boek

Life’s color code


dit só opgesom wat velkleur betref: “An animal’s
coloration is often a living record
of the most important basis of selection
relative to predation, communication
and metabolism. Conspicuous
markings can only evolve when there
is no need for concealment.” Sekere
ander wildsoorte het ook kleurverskille
gegrond op minerale in hul
dieet, soos die swartwitpens, wat in
sekere gebiede soms rooierig mag
wees. In die hele Oryx-genus is daar
ook bitter min geslagsverskille in velkleur.
Die genus Oryx toon ’n duidelike tendens
in skedelwydte en horinglengte
van noord na suid in Afrika. Die gemsbok
Oryx gazella kom in suidelike Afrika
voor en geen subspesies is bekend
nie. Dit het ook die breedste skedel en
langste horings van alle Oryx-spesies.
Die Beisa-oryx, Oryx beisa sluit die
fringe-eared oryx as die subspesie Oryx
beisa callotis in en kom voor in Noorden
Oos-Afrika, maar nie in Egipte nie.
Dit het die tweede breedste skedel en
die derde langste horings van alle Oryxsoorte.
Die dammah of sabelgemsbok
Oryx dammah het ook nie subspesies nie, kom in Noord-Afrika voor, en was
vroeër in Egipte. Dit het die derde
breedste skedel en tweede langste
horings van alle Oryx-soorte. Die vierde
spesie is die Arabiese gemsbok Oryx
leucoryx, wat in die nabye Asië
voorkom, vroeër in Egipte voorgekom
het en nou in Noord-Afrika ook
voorkom. Dit het die kleinste skedelbreedte
en kortste horings van alle
Oryx-soorte. Die addaks Addax nasomaculatus
is ook aan Oryx en aan Hippotragus
(die bastergemsbok en swartwitpens)
verwant en kom in Noord-Afrikaen Egipte voor. Die verkleining of vergroting
van verwante spesies oor hulle
geografiese verspreiding staan taksonomies
as ’n morphocline bekend.
Mens kry dit ook in subspesies van die
buffel as variasies in kleur, horingvorm
en lengte. Dit ontwikkel weens verskuiwende
omgewingstoestande in
dele van die oorkoepelende habitat.
Die eerste fossiele van Oryx is 2,6 tot
1,6 miljoen jaar oud in Eurasië, en 2,6
miljoen jaar oud in Afrika. Protoryx, die
voorouer van Oryx, is as fossiele bekend
en het 14 miljoen jaar gelede in
Eurasië en 10,5 miljoen jaar gelede in
Noord-Afrika geleef. Fossiele van Oryx
word verder in die suid-Kaap gevind,
waar hulle 300 000 tot 400 000 jaar
gelede geleef het, en word ook aangetref
in die Olduvai Gorge-fossielbeddings
in Tanzanië, waar ’n onbekende
spesie 2 miljoen tot 500 000 jaar
gelede voorgekom het. Fossiele van
Oryx is ook in Pinjor, Indië gevind,
waar waarskynlik Oryx sivalensis sowat
4 tot 2,5 miljoen jaar gelede geleef
het. Die Oryx-soorte in suidelike en
Oos-Afrika is tans van mekaar geskei
deur ’n nat habitatband van sowat
1 600 km breed.
Tekeninge en hierogliewe van groot
troppe Oryx kom wel in Egipte voor, en
hulle is moontlik deur die Egiptenare
van Oos-Afrika af ingevoer. Dit beteken
egter nie dat alle soorte Oryx uit die
dammah (sabelgemsbok) deur die
Egiptenare geteel is nie omdat talle
ander fossielsoorte van Oryx oor ’n
groot gebied in Afrika en Eurasië bekend
is.
Dr Cindy Harper, wat namens ons
navorsing doen oor Burchellse goue
gemsbok sê: “Die Onderstepoort Veterinêre
Genetiese Laboratorium van die
Fakulteit Veeartsenykunde, Universiteit
van Pretoria is tans besig met ’n projek
om die mutasie, wat verantwoordelik is
vir die goue kleur van die Burchellse
goue gemsbok te identifiseer.” Die projek
staan onder Dr Harper se beheer as
direkteur van die laboratorium.
Fred Burchell, die huidige eienaar van
Burchellse goue gemsbokke, is ’n nasaat
van Dr William John Burchell (1781–
1863), wat só beskryf word: “He was by
far the most scientific and greatest of
early African explorers, and one of the
most learned and accomplished travellers
of any age or country. Today his
discoveries are to be found in several
continents ...“ Burchellse bontkwagga,
Kaapse bergkwagga, tsessebe, wildehond,
blouwildebees, Burchellse coucal
(vleiloerie) en vele ander diersoorte is
die eerste keer deur hom beskryf.
Fred Burchell het omtrent 12 jaar
gelede na gemsbokke in Namibië
gekyk en gehoor van “vos-gemsbokke”,
wat die boere voor die voet
doodgeskiet het omdat hulle bang was
hulle sou kruis met hul ander gemsbokke.
(Dit gebeur in elk geval nie!) Hy
het opgemerk hulle was oor die algemeen
groter, het langer en dikker horings
gehad, en was ook in ’n beter
fisieke kondisie as die ander gemsbokke.
Veral opvallend was dat hulle
almal identies gelyk het sonder mixed
grills soos by die goue wildebeeste.
Hy het almal begin opkoop en ’n
kudde op sy plaas in Namibië gevestig.
Vandag is daar altesaam omtrent
280. Ek het al baie tyd tussen hulle
deurgebring en ook ’n bul en koei vir
navorsingsmateriaal geskiet (kyk foto).
Wat die geleerdes ook al oor hulle
mag uitvind, bly dit ’n feit dat hulle
volgens die definisie van ’n spesie
almal soortgelyke fisieke en maatskaplikke
eienskappe toon, vrugbare afstammelinge
teel en meer geskik as
ons gewone gemsbok skyn te wees vir
oorlewing onder uiterste temperature
en voedsel- en watertekorte.
Dit is miskien net die ekologiese
beginsel (Reël van Bergmann) dat egte
woestyndiere lig van kleur is. Met
globale verwarming is dit moontlik ’n
nuwe spesie wat aan die ontwikkel is,
mits dit nie reeds een, of minstens ’n
subspesie is nie!